Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit

Repealed
This By-law was repealed on 2015-07-10 by Tariff.
This is the version of this By-law as it was when it was repealed.
Related documents

Matzikama
South Africa

Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit, 2010

  1. [Gewysig deur Tariff: Amendment op 7 Desember 2012]
  2. [Herroep deur Tariff op10 Julie 2015]
Ingevolge artikel 156(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 en artikel 75 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 neem die Munisipaliteit Matzikama hiermee die volgende verordening aan:

1. Aanhef

(1)Ingevolge artikel 229(1) van die Grondwet mag die munisipaliteit:
(a)eiendomsbelasting en bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf, oplê; en
(b)indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê.
(2)Ingevolge artikel 75A van die Stelselswet mag die munisipaliteit:
(a)gelde, koste en tariewe ten opsigte van enige funksie of diens van die munisipaliteit hef en verhaal; en
(b)invorderingskoste en rente op enige uitstaande bedrag verhaal.
(3)Ingevolge artikel 74(1) van die Stelselswet moet die munisipale raad ’n tariefbeleid oor die heffing van gelde vir ’n munisipale diens wat deur die munisipaliteit gelewer word, aanvaar en implementeer of deur middel van diensleweringsooreenkomste wat aan die bepalings van die Stelselswet, die Finansiëlebestuurswet en enige ander toepaslike wetgewing, voldoen.
(4)Ingevolge artikel 75(1) van die Stelselswet moet die munisipale raad verordeninge aanneem om uitvoering te gee aan die inwerkingstelling en toepassing van sy tariefbeleid.
(5)Ingevolge artikel 75(2) van die Stelselswet mag verordeninge wat aangeneem word soos beoog in artikel 75(1) tussen verskillende kategorieë gebruikers, debiteure, diensverskaffers, dienste, diensstandaarde, geografiese gebiede en ander aangeleenthede onderskei met dien verstande dat sodanige differensiasie nie op onbillike diskriminasie neerkom nie.

2. Woordomskrywing

In hierdie verordening geld die Engelse teks in die geval van enige teenstrydigheid met die Afrikaanse teks, en tensy die inhoud anders aandui, beteken:"Finansiëlebestuurswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;"Munisipaliteit" die Munisipaliteit van Matzikama ingestel ingevolge van artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998;"munisipale raad" die munisipale raad van die munisipaliteit bedoel in artikel 157(1) van die Grondwet;"Stelselswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000;"tarief" gelde, koste of enige ander tariewe wat deur die munisipaliteit gehef word vir enige funksie of diens wat deur die munisipaliteit gelewer word, met uitsondering van belastings wat deur die munisipaliteit ingevolge die Local Government: Municipal Property Rates Act, No. 6 of 2004 gehef word;"tariefbeleid" die tariefbeleid van die munisipaliteit soos goedgekeur deur die munisipale raad by besluit 7.2.4 van 29 Mei 2012; en"Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering" die munisipaliteit se Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering soos bedoel in artikels 96(b), 97 en 98 van die Stelselswet.

3. Aanvaarding en implementering van die tariefbeleid

(1)Die munisipaliteit moet ’n tariefbeleid oor die heffing van gelde vir ’n munisipale diens oor die heffing van gelde vir ’n munisipale diens wat deur die munisipaliteit gelewer word, aanvaar en implementeer of deur middel van dienslewerings-ooreenkomste wat aan die bepalings van die Stelselswet, die Finansiëlebestuurswet en enige ander toepaslike wetgewing voldoen.
(2)Die munisipaliteit mag nie tariewe oplê behalwe ooreenkomstig sy tariefbeleid nie.

4. Inhoud van die tariefbeleid

Die munisipaliteit se tariefbeleid:
(a)is van toepassing op alle tariewe wat deur die munisipaliteit ooreenkomstig sy goedgekeurde jaarlikse begroting opgelê word;
(b)weerspieël die beginsels soos bedoel in artikel 74(2) van die Stelselswet en enige verdere beginsels vir die oplegging van tariewe wat die munisipale raad mag bepaal;
(c)spesifiseer die wyse waarop die beginsels bedoel in paragraaf (b) ingevolge die tariefbeleid in werking gestel moet word;
(d)spesifiseer vir tariefdoeleindes die grondslag vir differensiasie, indien enige, tussen die verskillende kategorieë gebruikers, debiteure, diensverskaffers, dienste, diensstandaarde, geografiese gebiede en ander aangeleenthede, met dien verstande dat sodanige differensiasie nie op onbillike diskriminasie neerkom nie; en
(e)sluit sodanige verdere implementeringsmeganismes in wat die munisipale raad van voorneme is om op te lê bykomend tot dié vervat in die Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering.

5. Toepassing van die tariefbeleid

Die munisipaliteit se tariefbeleid moet deur middel van die Verordening op en Beleid oor Kredietbeheer en Skuldinvordering en enige verdere implementerings-meganismes ooreenkomstig sy tariefbeleid toegepas word.

6. Herroeping van verordeninge

Enige bepaling in ’n verordening, voorheen uitgevaardig deur die munisipaliteit of enige van die afgeskafte munisipaliteite wat nou by die munisipaliteit ingelyf is, in so ver dit betrekking het op enige aangeleenthede waarvoor in hierdie verordening voorsiening gemaak word, word hiermee herroep.

7. Kort titel en inwerkingtrede

Hierdie verordening heet die Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale Koerant.
▲ To the top