Related documents
Matzikama
South Africa
South Africa
Gewysigde Verordening insake handelsdae en –ure vir die verkoop van drank, 2018
- Published in Western Cape Provincial Gazette 7934 on 1 Junie 2018
- Inwerking getree op 1 Junie 2018
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 1 Junie 2018 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 28 April 2023.]
Aanhef
NADEMAAL ’n munisipaliteit ingevolge artikel 156(1)(a) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, in samehang met deel B van bylae 5 by die Grondwet, oor die uitvoerende gesag beskik om ondernemings te beheer wat drank aan die publiek verkoop;NADEMAAL ’n munisipaliteit ingevolge artikel 156(2) van die Grondwet verordeninge mag maak en toepas vir die doeltreffende administrasie van aangeleenthede waarvan die administrasie volgens wet aan hom opgedra is;NADEMAAL ’n munisipaliteit ingevolge artikel 11(3)(m) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) verordeninge mag uitvaardig en besluite mag neem;NADEMAAL dit Matzikama Munisipaliteit se voorneme is om ingevolge artikel 59(2) van die Wes-Kaapse Drankwet, 2008 (Wet 4 van 2008) handelsdae en -ure vas te stel vir alle gelisensieerde persele, ondernemings of afsetpunte wat in die munisipale gebied Matzikama geleë is en drank aan die publiek verkoop;DAAROM VERORDEN die raad van Matzikama Munisipaliteit nou soos volg:1. Woordomskrywings
2. Doel van verordening
Ingevolge die bevoegdhede wat kragtens die Wet aan hom opgedra is, aanvaar die Munisipaliteit hierdie verordening met die doel om die ure te reguleer waarbinne drank verkoop mag word, sowel as aangeleenthede wat daarmee verband hou.3. Toepassing van verordening
Hierdie verordening is van toepassing op alle persele wat binne die regsgebied van die Munisipaliteit geleë is en waarop ’n drankhandelonderneming bedryf word, wat insluit:4. Handelsdae en -ure vir die verkoop en verbruik van drank op gelisensieerde persele
5. Handelsdae en -ure vir die verkoop en verbruik van drank weg van gelisensieerde persele
6. Handelsdae en -ure vir die verkoop en verbruik van drank op en weg van gelisensieerde persele
’n Lisensiehouer van ’n perseel waar drank vir verbruik op en weg van die gelisensieerde perseel verkoop mag word, mag drank gedurende die handelsure in subartikel (4) en (5) verkoop.Verlengde handelsure
7. Aansoek om verlengde handelsdae en -ure
8. Opskorting, wysiging en herroeping van verlengde drankhandelsdae en -ure
Voorkoming van onwettige drankverkope, en beslaglegging op drank
9. Voorkoming van onwettige drankverkope, en beslaglegging op drank
10. Vertoon van naamborde, en ander verpligtinge van lisensiehouer
11. Veiligheid en sekuriteit
12. Drankpersele moet wapenvry wees
Die reg van toegang tot drankpersele word voorbehou, en enige wapens of skerp voorwerpe is verbode op binneverbruikpersele. ’n Kluis behoort te alle tye beskikbaar te wees op binneverbruikpersele indien persone wat in besit is van wapens of skerp voorwerpe toegang tot die perseel moet verkry.13. Stoornisse
14. Misdrywe en strawwe
15. Appèl
16. Herroeping
Enige verordening betreffende die Verordening insake handelsdae en –ure vir die verkoop van drank in Matzikama Munisipale Area vir sover dit van toepassing is op of toegewys is aan die Matzikama Munisipaliteit se gebied word hierby herroep, vir sover dit betrekking het op aangeleenthede waarvoor in hierdie Verordening voorsiening gemaak word.17. Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie verordening sal bekend wees as die Gewysigde Verordening insake handelsdae en –ure vir die verkoop van drank in Matzikama Munisipale Area, en sal in werking tree op die datum waarop dit in die Buitengewone Provinsiale Koerant verskyn.History of this document
01 June 2018 this version
Published in
Western Cape Provincial Gazette number 7934
Commences.