Related documents
Matzikama
South Africa
South Africa
Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit, 2015
- Published in Western Cape Provincial Gazette 7425 on 10 Julie 2015
- Inwerking getree op 10 Julie 2015
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 10 Julie 2015 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 28 April 2023.]
1. Aanhef
2. Woordomskrywings
In hierdie verordening geld die Engelse teks in die geval van enige teenstrydigheid met die Afrikaanse of Xhosa teks, en tensy die inhoud anders aandui, beteken:"Finansiële Bestuurswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996;"munisipale raad" die munisipale raad van die munisipaliteit soos beoog in artikel 157(1) van die Grondwet;"munisipaliteit" die munisipaliteit van Matzikama ingestel ingevolge artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998;"Stelselswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000;"tarief" gelde, koste of enige ander tariewe wat deur die munisipaliteit gehef word vir enige funksie of diens wat deur die munisipaliteit gelewer word, met die uitsondering van belastings wat deur die munisipaliteit ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting, Wet 6 van 2004 gehef word;"tariefbeleid" die tariefbeleid van die munisipaliteit wat deur ’n resolusie van die munisipale raad goedgekeur word van tyd tot tyd;"tarief struktuur" die tarief struktuur wat die tariewe van toepassing op dienste gelewer deur die munisipaliteit uiteensit, soos goedgekeur word deur die munisipale raad van tyd tot tyd gedurende die jaarlikse begrotingsproses; en"Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering" die munisipaliteit se Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering soos goedgekeur word van tyd tot tyd ingevolge artikels 96(b), 97 en 98 van die Stelselswet.3. Doelstellings van hierdie verordening
Die doelstellings van hierdie verordening is om uitvoering te gee aan die implementering en toepassing van die munisipaliteit se tariefbeleid soos beoog word in artikel 74(1) van die Stelselswet.4. Aanvaarding en implementering van die tariefbeleid
5. Inhoud van die tariefbeleid
Die munisipaliteit se tariefbeleid moet onder meer:6. Toepassing van die tariefbeleid
Die munisipaliteit se tariefbeleid moet deur middel van sy Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering en enige verdere implementerings- en afdwingingsmeganismes, indien enige, toegepas word.7. Herroeping van verordenings
Enige bepaling in ’n verordening, voorheen uitgevaardig deur die munisipaliteit of enige van die afgeskafte munisipaliteite wat nou by die munisipaliteit ingelyf is, word hiermee herroep, in soverre dit teenstrydig is met, en betrekking het op, enige aangeleenthede waarvoor voorsiening gemaak word in hierdie verordening.8. Kort titel en inwerkingtrede
Hierdie verordening heet die Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale Koerant.History of this document
10 July 2015 this version
Published in
Western Cape Provincial Gazette number 7425
Commences.