Related documents
- Is amended by Property Rates By-law: Amendment
Matzikama
South Africa
South Africa
Verordening insake Eiendomsbelasting van Matzikama Munisipaliteit
- Published in Western Cape Provincial Gazette 6788 on 10 September 2010
- Inwerking getree op 10 September 2010
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 7 Desember 2012 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 7 Maart 2025.]
- [Gewysig deur Property Rates By-law: Amendment op 7 Desember 2012]
1. Aanhef
2. Woordomskrywing
In hierdie verordening geld die Afrikaanse teks in die geval van enige teenstrydigheid met die Engelse teks, en tensy die inhoud anders aandui, beteken:"belasting" of "belastings" ’n munisipale belasting op eiendom soos beoog in artikel 229 van die Grondwet;"Beleid insake eiendomsbelasting" die beleid van die munisipaliteit soos goedgekeur deur die munisipale raad by besluit 7.2.4 van 29 Mei 2012;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;"munisipaliteit" die Munisipaliteit van Matzikama ingestel ingevolge van artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998;"munisipale raad" die munisipale raad van die munisipaliteit bedoel in artikel 157(1) van die Grondwet;"Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering" die munisipaliteit se Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering soos bedoel in artikels 96(b), 97 en 98 van die Stelselswet; en"Wet op Eiendomsbelasting" die "Local Government: Municipal Property Rates Act, Act 6 of 2004".3. Aanvaarding en implementering van die beleid insake eiendomsbelasting
4. Inhoud van die beleid insake eiendomsbelasting
Die munisipaliteit se beleid insake eiendomsbelasting:5. Toepassing van die beleid insake eiendomsbelasting
Die munisipaliteit se beleid insake eiendomsbelasting moet deur middel van die Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering en enige verdere implementeringsmeganismes ooreenkomstig sy beleid insake eiendomsbelasting toegepas word.6. Herroeping van verordeninge
Enige bepaling in ’n verordening voorheen uitgevaardig deur die munisipaliteit of enige van die afgeskafte munisipaliteite wat nou by die munisipaliteit ingelyf is, in so ver dit betrekking het op enige aangeleenthede waarvoor in hierdie verordeninge voorsiening gemaak word, word hiermee herroep.7. Kort titel en inwerkingtrede
Hierdie verordening heet die Verordening insake Eiendomsbelasting van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale Koerant.History of this document
07 December 2012 this version
Amended by
Property Rates: Amendment