Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit

Change language:
COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.
Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa

Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit, 2015

  • Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 7425 op 10 Julie 2015
  • Inwerking getree op 10 Julie 2015
  • [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 10 July 2015 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
Ingevolge artikel 156(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 en artikel 75 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 neem die Matzikama Munisipaliteit hiermee die volgende verordening aan:

1. Aanhef

(1)Ingevolge artikel 229(1) van die Grondwet mag die munisipaliteit:
(a)eiendomsbelasting en bobelasting op gelde vir dienste deur of names die munisipaliteit verskaf, oplê; en
(b)indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê.
(2)Ingevolge artikel 75A van die Stelselswet mag die munisipaliteit:
(a)gelde, kostes en tariewe hef en invorder ten opsigte van enige funksie of diens van die munisipaliteit; en
(b)invorderingskostes en rente op enige uitstaande bedrag invorder.
(3)Ingevolge artikel 74(1) van die Stelselswet moet die munisipale raad ’n tariefbeleid aanneem en implementeer ten opsigte van die heffing van gelde vir munisipale dienste wat deur die munisipaliteit self, of deur middel van diensleweringsooreenkomste, verskaf word, en wat aan die bepalings van die Stelselswet, die Finansiële Bestuurswet en enige ander toepaslike wetgewing voldoen.
(4)Ingevolge artikel 75(1) van die Stelselswet moet die munisipale raad verordenings aanneem om uitvoering te gee aan die implementering en toepassing van sy tariefbeleid.
(5)Ingevolge artikel 75(2) van die Stelselswet mag verordenings wat ingevolge artikel 75(1) aangeneem word, tussen verskillende kategorieë gebruikers, debiteure, diensverskaffers, dienste, diensstandaarde en geografiese gebiede en ander aangeleenthede onderskei met dien verstande dat sodanige onderskeid nie op onbillike diskriminasie neerkom nie.

2. Woordomskrywings

In hierdie verordening geld die Engelse teks in die geval van enige teenstrydigheid met die Afrikaanse of Xhosa teks, en tensy die inhoud anders aandui, beteken:"Finansiële Bestuurswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996;"munisipale raad" die munisipale raad van die munisipaliteit soos beoog in artikel 157(1) van die Grondwet;"munisipaliteit" die munisipaliteit van Matzikama ingestel ingevolge artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998;"Stelselswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000;"tarief" gelde, koste of enige ander tariewe wat deur die munisipaliteit gehef word vir enige funksie of diens wat deur die munisipaliteit gelewer word, met die uitsondering van belastings wat deur die munisipaliteit ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting, Wet 6 van 2004 gehef word;"tariefbeleid" die tariefbeleid van die munisipaliteit wat deur ’n resolusie van die munisipale raad goedgekeur word van tyd tot tyd;"tarief struktuur" die tarief struktuur wat die tariewe van toepassing op dienste gelewer deur die munisipaliteit uiteensit, soos goedgekeur word deur die munisipale raad van tyd tot tyd gedurende die jaarlikse begrotingsproses; en"Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering" die munisipaliteit se Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering soos goedgekeur word van tyd tot tyd ingevolge artikels 96(b), 97 en 98 van die Stelselswet.

3. Doelstellings van hierdie verordening

Die doelstellings van hierdie verordening is om uitvoering te gee aan die implementering en toepassing van die munisipaliteit se tariefbeleid soos beoog word in artikel 74(1) van die Stelselswet.

4. Aanvaarding en implementering van die tariefbeleid

(1)Die munisipaliteit moet ’n tariefbeleid aanneem en implementeer ten opsigte van die heffing van gelde vir munisipale dienste wat deur die munisipaliteit self, of deur middel van diensleweringsooreenkomste, verskaf word, en wat aan die bepalings van die Stelselswet, die Finansiële Bestuurswet en enige ander toepaslike wetgewing voldoen.
(2)Die tariefbeleid van die munisipaliteit sal aangeneem en geïmplementeer word ingevolge ’n resolusie wat deur die munisipale raad van tyd tot tyd, met die ondersteunende stem van die meerderheid van sy lede aangeneem word, soos beoog word in, en ingevolge, artikel 75A van die Stelselswet.
(3)Die munisipaliteit mag nie tariewe hef behalwe ingevolge sy goedgekeurde tariefbeleid en tarief struktuur soos aangeneem ooreenkomstig die Stelselswet, nie.

5. Inhoud van die tariefbeleid

Die munisipaliteit se tariefbeleid moet onder meer:
(a)van toepassing wees op alle tariewe deur die munisipaliteit opgelê ingevolge die munisipaliteit se tarief struktuur en goedgekeurde jaarlikse begroting;
(b)die beginsels ingevolge artikel 74(2) van die Stelselswet weerspieël en enige verdere beginsels vir die oplegging van tariewe wat die munisipale raad mag bepaal, spesifiseer;
(c)die wyse spesifiseer waarop die beginsels waarna in paragraaf (b) verwys word ingevolge die tariefbeleid geïmplementeer moet word;
(d)die grondslag vir die onderskeid, indien enige, vir tariefdoeleindes, tussen die verskillende kategorieë gebruikers, debiteure, diensverskaffers, dienste, diensstandaarde en geografiese gebiede spesifiseer met dien verstande dat sodanige onderskeid nie op onbillike diskriminasie neerkom nie; en
(e)sodanige verdere implementeringsmeganismes, indien enige, wat die munisipaliteit nodig ag bykomend tot daardie vervat in die Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering, insluit.

6. Toepassing van die tariefbeleid

Die munisipaliteit se tariefbeleid moet deur middel van sy Verordening en Beleid insake Kredietbeheer en Skuldinvordering en enige verdere implementerings- en afdwingingsmeganismes, indien enige, toegepas word.

7. Herroeping van verordenings

Enige bepaling in ’n verordening, voorheen uitgevaardig deur die munisipaliteit of enige van die afgeskafte munisipaliteite wat nou by die munisipaliteit ingelyf is, word hiermee herroep, in soverre dit teenstrydig is met, en betrekking het op, enige aangeleenthede waarvoor voorsiening gemaak word in hierdie verordening.

8. Kort titel en inwerkingtrede

Hierdie verordening heet die Verordening insake Tariewe van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale Koerant.

History of this By-law

Download for later

Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.

Matzikama

Matzikama By-laws Website