COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa
South Africa
Matzikama Munisipaliteit Verordening op Verkeer, 2010, 2011
- Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 6868 op 15 April 2011
- Inwerking getree op 15 April 2011
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 15 April 2011 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
Aanhef
NADEMAAL artikel 156(2) van die Grondwet bepaal dat ’n Munisipaliteit verordeninge kan uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer;EN NADEMAAL die Munisipaliteit die bevoegdheid het om verordeninge ten opsigte van munisipale openbare vervoer, en verkeer en parkering in ooreenstemming met onderskeidelik Deel B van Bylae 4 en van Bylae 5 van die Grondwet te maak;WORD DAAR NOU soos volg deur die Raad van die Matzikama Munisipaliteit VERORDEN:1. Woordomskrywing
In hierdie Verordening, tensy uit die samehang anders blyk, beteken—"bedryfslisensie" ’n bedryfslisensie ("operating licence") soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Nasionale Landvervoer, 2009 (Wet Nr. 5 van 2009);"bestuurder" iemand wat ’n voertuig bestuur of probeer bestuur of wat op ’n trapfiets ry of probeer ry of wat ’n trek-, pak- of rydier of ’n kudde of trop diere rondlei, en "bestuur" of enige soortgelyke woord het ’n ooreenstemmende betekenis;"beweegruimte" met betrekking tot ’n taxi, ’n plek, buiten ’n staanplek, waar ’n taxi bly totdat ruimte daarvoor by ’n staanplek of stilhouplek beskikbaar is;"bus" ’n motorvoertuig ontwerp of aangepas om meer as 35 persone met inbegrip van die bestuurder te vervoer;"eienaar", met betrekking tot ’n voertuig—(a)die persoon wat die reg op die gebruik en genot van ’n voertuig ingevolge die gemene reg of ’n kontraktuele ooreenkoms met die titelhouer van sodanige voertuig het;(b)iemand in paragraaf (a) bedoel, vir enige tydperk waartydens so ’n persoon versuim om daardie voertuig kragtens die kontraktuele ooreenkoms bedoel in paragraaf (a) aan die titelhouer terug te besorg; of(c)’n motorhandelaar wat in besit is van ’n voertuig vir die doel van verkoop, en wat as sulks geregistreer is ooreenkomstig die regulasies kragtens artikel 4 van die Wet, en "besit" of enige soortgelyke woord het ’n ooreenstemmende betekenis;"gemagtigde amptenaar" ’n werknemer van die Munisipaliteit wat ingevolge hierdie Verordening verantwoordelik is om enige plig of funksie te verrig, of gedelegeer is om enige plig of funksie te verrig;"gemagtigde beampte" ook—(a)’n persoon in diens van die Munisipaliteit wie se plig dit is om lisensies te inspekteer, voertuie te ondersoek, vir bestuurderslisensies te toets, of ’n persoon wat ’n verkeersbeampte of ’n padverkeerswetstoepassingsbeampte is, en ook enige ander persoon wat deur die Minister van Vervoer by regulasie wat ingevolge die Nasionale Padverkeerswet uitgevaardig is, tot gemagtigde beampte verklaar is; en(b)’n persoon wat deur die Munisipaliteit as ’n inspekteur aangestel is soos bedoel in artikel 86 van die Nasionale Padvervoerwet, 2009 (Wet Nr. 5 van 2009);"houer", met betrekking tot ’n staanplekbewys, die eienaar aan wie ’n staanplekbewys ingevolge artikel 3(2) uitgereik is;"lokking" die werf van passasiers vir ’n taxi deur te skreeu, te toet, te fluit of deur enige ander gedrag, en "lok" het ’n ooreenstemmende betekenis;"motorvoertuig" enige selfgedrewe voertuig en ook—(a)’n sleepwa; en(b)’n voertuig met pedale en met ’n enjin of ’n elektriese motor as ’n integrerende deel daarvan of daaraan geheg en wat ontwerp of aangepas is om deur middel van sodanige pedale, enjin of motor, of sodanige pedale en enjin of motor, aangedryf te word, maar nie ook—(i)’n voertuig wat aangedryf word met elektriese krag verkry uit opgaarbatterye en wat deur ’n voetganger beheer word nie; of(ii)’n voertuig met ’n massa van hoogstens 230 kilogram en wat spesiaal ontwerp en gebou, en nie net aangepas is nie, vir die gebruik deur iemand wat aan een of ander gestremdheid of ongeskiktheid ly en wat uitsluitlik deur sodanige persoon gebruik word;"Munisipaliteit" die Matzikama Munisipaliteit wat by Provinsiale Kennisgewing 479 van 2000 ingevolge artikel 12 van die Ordonnansie op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet Nr. 117 van 1998), ingestel is;"nie-gemotoriseerde voertuig" ’n voertuig of toestel wat vir padgebaseerde vervoer vir die karwei van goedere of passasiers gebruik word en wat aangedryf word deur, of uitsluitlik deur, dierekrag of deur mensekrag of ’n kombinasie van mensekrag, bygestaan deur ’n alternatiewe kragbron of krag wat deur enige vorm van dieselbrandstof verskaf word;"openbare vervoerdiens" ’n geskeduleerde of ongeskeduleerde diens vir die vervoer van passasiers per pad hetsy onderworpe aan ’n kontrak of nie, en waar die diens teen reisgeld of ’n ander teenprestasie of beloning verskaf word, insluitende "cabotage" ten opsigte van passasiersvervoer soos omskryf in die Wet op Oorgrenspadvervoer, 1998 (Wet Nr. 4 van 1998) en, buiten waar duidelik onvanpas, moet die term "openbare vervoer" dienooreenkomstig vertolk word;"openbare vervoervoertuig" ’n openbare motorvoertuig wat gebruik word om passasiers of goedere teen huur of beloning te vervoer, en dit sluit busse en taxi’s in;"parkeer" om ’n voertuig, met of sonder insittendes, langer te laat stilhou as wat redelikerwys nodig is om persone of goedere werklik op of af te laai, maar nie ook die stilhou van ’n voertuig weens ’n rede buite die beheer van die persoon in beheer van daardie voertuig nie;"permit" ’n permit soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Nasionale Landvervoer, 2009 (Wet Nr. 5 van 2009);"Raad" die raad van die Munisipaliteit;"randsteenlyn" die grens tussen die skouer en die soom of, as daar nie ’n skouer is nie, die deel tussen die kant van die ryvlak en die soom;"ryvlak" daardie gedeelte van ’n pad, straat of deurgang wat vir voertuigverkeer verbeter, gebou of bedoel is en wat tussen die kante van die ryvlak is;"skouer" daardie gedeelte van ’n pad, straat of deurgang tussen die kant van die ryvlak en die randlyn;"staanplek" met betrekking tot ’n taxi, ook—(a)’n openbare vervoerwisselaar of ’n plek op ’n openbare pad vanwaar ’n taxi vir huur kan ry of passasiers vir beloning vervoer en afgelaai kan word; en(b)enige plek wat deur ’n padverkeersteken aangewys of afgebaken is as ’n taxistaanplek of vir die uitsluitlike parkering van taxi’s;"staanplekbewys" ’n staanplekbewys uitgereik ingevolge artikel 3;"stilhouplek" met betrekking tot—(a)’n taxi, ’n plek wat deur die Munisipaliteit aangewys is waar ’n taxi mag stilhou om passasiers op of af te laai; en(b)’n bus, ’n afgebakende stilhouplek waar ’n bus mag stilhou om passasiers op of af te laai;"taxi" ’n openbare motorvoertuig buiten ’n openbare bus wat gebruik word om passasiers of passasiers en goedere teen huur of beloning te vervoer, soos ’n minibus of ’n midibus, en sluit taxi’s met meters in;"taxifasiliteit" ’n beweegruimte, spesiale parkeerplek, stilhouplek, staanplek, terminus en enige ander fasiliteit wat spesifiek deur die Munisipaliteit geïdentifiseer en aangewys is vir die uitsluitlike gebruik van taxi’s;"taxistaanplek" enige plek wat deur ’n padverkeersteken aangewys of afgebaken is as ’n taxistaanplek vir die uitsluitlike parkering van taxi’s;"taxiwag" ’n persoon wat in ’n openbare plek of op ’n openbare pad ’n parkeeroppasserdiens vir taxibestuurders verrig, wat insluit—(a)die aanwys of aandui van beskikbare parkeerruimte; of(b)die oppas van voertuie;"vir huur ry" die gebruik van ’n voertuig om passasiers vir huur of beloning te vervoer;"voertuig" ’n toestel ontwerp of aangepas om hoofsaaklik op wiele of rusperbande te loop en ook so ’n toestel wat met ’n trekstang aan ’n teëspoedwa verbind is en gebruik word as deel van die sleeptoerusting van ’n teëspoedwa om enige of al die asse van ’n motorvoertuig wat geberg word, te ondersteun, behalwe so ’n toestel wat uitsluitlik op spore beweeg;"Wet" die Nasionale Padverkeerswet, 1996 (Wet Nr. 93 van 1996).Hoofstuk 2
Parkering
2. Parkeer en vir huur ry
3. Staanplekbewyse
4. Plek waar staanplekbewys geldig is
5. Staanplekbewys moet op aanvraag getoon word
6. Opskorting of intrekking van ’n staanplekbewys
7. Prosedure vir die opskorting of intrekking van ’n staanplekbewys
8. Adresverandering
Die houer van ’n staanplekbewys moet die Munisipaliteit binne 14 werkdae na ’n adresverandering skriftelik per voorafbetaalde geregistreerde pos, telefaks of aflewering per hand daarvan in kennis stel.9. Wysiging en vervanging van ’n staanplekbewys
Hoofstuk 3
Verbode gedrag
10. Parkering by ’n bushalte
Niemand mag ’n voertuig by ’n bushalte parkeer of toelaat dat dit daar parkeer word nie.11. Pligte van voetgangers
12. Gebruik van toeter
Niemand mag die klanktoestel of toeter van ’n voertuig op ’n openbare pad gebruik nie, buiten wanneer sodanige gebruik nodig is om aan die bepalings van hierdie Verordening of enige ander wet te voldoen of om veiligheidsredes.13. Plig om aan te dui wanneer van baan verwissel word
14. Bestuur op skouers
15. Bestuurder van motorvoertuig moet gelisensieer wees
Niemand mag ’n motorvoertuig op ’n openbare pad bestuur nie—16. Motorvoertuig moet gelisensieer wees
Behoudens die bepalings van die Wet, moet elke motorvoertuig in die Munisipaliteit, hetsy dit op ’n openbare pad bestuur word of nie, deur die eienaar van sodanige motorvoertuig in ooreenstemming met die bepalings van die Wet by die betrokke lisensie owerheid gelisensieer word.17. Bestuurder moet bedryfslisensie of permit hê
Behoudens die bepalings van artikel 32 van die Wet, mag niemand ’n motorvoertuig van ’n klas wat ingevolge die Wet voorgeskryf word, op ’n openbare pad bestuur nie, behalwe—18. Drag en identifisering van taxiwagte
Hoofstuk 4
Taxistaanplekke
19. Gebruik van taxistaanplekke
20. Voorkom dat ’n taxi gehuur word
Niemand mag deur geweld, intimidasie of dreigemente te gebruik of op enige ander manier, voorkom of probeer voorkom dat—21. Vervoer van gevaarlike of aanstootlike goedere in taxi’s
’n Persoon wat in beheer van ’n taxi is, mag nie wetend ’n persoon of goedere vervoer of toelaat dat ’n persoon of goedere in ’n taxi vervoer word, of die taxi gehuur is of nie, as daardie persoon of goedere—22. Ontsmetting van ’n taxi nadat passasiers met besmetlike of aansteeklike siektes vervoer is
23. In en uit taxi’s klim
24. Toustaan by taxistaanplekke of taxifasiliteite
25. Betaling van reisgeld
’n Passasier moet op versoek die vasgestelde reisgeld vir die rit betaal.26. Regte en pligte van passasiers wanneer ’n taxi onklaar raak
27. Diere
Geen passasier mag met ’n dier in ’n taxi klim nie, behalwe met ’n gidshond wat ’n blinde persoon help.28. Optrede wat in ’n taxi verbied word
Die volgende optrede in ’n taxi word verbied:29. Gedrag wat by ’n taxistaanplek verbied word
Iemand wat ’n steurnis veroorsaak of op ’n oproerige of onfatsoenlike manier optree, begaan ’n misdryf ingevolge hierdie Verordening en kan deur enige gemagtigde beampte van die Munisipaliteit uit ’n tou, taxistaanplek of die omgewing van ’n taxistaanplek verwyder word.30. Bedryfslisensie moet op aanvraag getoon word
31. Ongemagtigde oorhandiging of verlating van bus of taxi
Geen bestuurder van ’n taxi of bus mag—32. Toepassing van reg van betreding
’n Gemagtigde beampte mag, by die toepassing van die bepalings van hierdie Verordening, op enige redelike tyd en sonder vooraf kennisgewing—33. Eiendom wat in passasiersvoertuie agtergelaat is
Die bestuurder van ’n passasiersvoertuig moet die voertuig na elke rit deeglik ondersoek, en as ’n passasier enige eiendom in die voertuig agtergelaat het, moet die bestuurder—34. Oorlading
Geen bestuurder van ’n openbare vervoervoertuig mag meer as die gespesifiseerde getal passasiers soos in die openbare permit aangedui, toelaat nie.35. Voorkom dat ’n taxi gehuur word
Niemand mag, deur geweld, intimidasie of dreigemente gebruik of op enige ander manier, voorkom of probeer voorkom dat—36. Verbod op die gebruik van kommunikasietoestel terwyl bestuur word
37. Misdrywe en strawwe
38. Kort titel
Hierdie verordening word genoem die Matzikama Munisipaliteit Verordening op Verkeer, 2010.History of this By-law
-
15 April 2011 this version
Published in Western Cape Provincial Gazette no. 6868By-law commences.
Download for later
Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.