Verordening insake Eiendomsbelasting van Matzikama Munisipaliteit

as from 7 December 2012 onwards

Change language:
COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.
Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa

Verordening insake Eiendomsbelasting van Matzikama Munisipaliteit, 2010

  • Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 6788 op 10 September 2010
  • Inwerking getree op 10 September 2010
  • [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 7 December 2012 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
  1. [Gewysig deur Property Rates: Amendment op 7 Desember 2012]
Ingevolge artikel 156(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 en artikel 6 van die Local Government: Municipal Property Rates Act, 2004 neem die Munisipaliteit Matzikama hiermee die volgende verordening aan:

1. Aanhef

(1)Ingevolge artikel 229(1) van die Grondwet mag die munisipaliteit eiendoms-belasting en bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf, oplê.
(2)Ingevolge artikel 3 van die Wet op Eiendomsbelasting moet die munisipale raad ’n beleid insake die heffing van belastings op belasbare eiendom aanvaar.
(3)Ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Eiendomsbelasting moet die munisipale raad ’n verordening aanneem om gevolg te gee aan die implementering van sy beleid insake eiendomsbelasting.
(4)Ingevolge artikel 6(2) van die Wet op Eiendomsbelasting mag die munisipale raad tussen verskillende kategorieë eiendomme en verskillende kategorieë eienaars van eiendomme wat aanspreeklik is vir die betaling van belastings, differensieer.

2. Woordomskrywing

In hierdie verordening geld die Afrikaanse teks in die geval van enige teenstrydigheid met die Engelse teks, en tensy die inhoud anders aandui, beteken:"belasting" of "belastings" ’n munisipale belasting op eiendom soos beoog in artikel 229 van die Grondwet;"Beleid insake eiendomsbelasting" die beleid van die munisipaliteit soos goedgekeur deur die munisipale raad by besluit 7.2.4 van 29 Mei 2012;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;"munisipaliteit" die Munisipaliteit van Matzikama ingestel ingevolge van artikel 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998;"munisipale raad" die munisipale raad van die munisipaliteit bedoel in artikel 157(1) van die Grondwet;"Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering" die munisipaliteit se Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering soos bedoel in artikels 96(b), 97 en 98 van die Stelselswet; en"Wet op Eiendomsbelasting" die "Local Government: Municipal Property Rates Act, Act 6 of 2004".

3. Aanvaarding en implementering van die beleid insake eiendomsbelasting

(1)Die bepalings van die beleid insake eiendomsbelasting geld ten opsigte van die heffing van belastings op alle belasbare eiendom.
(2)Die munisipaliteit is hef geen belastings behalwe ooreenkomstig sy beleid insake eiendomsbelasting nie.

4. Inhoud van die beleid insake eiendomsbelasting

Die munisipaliteit se beleid insake eiendomsbelasting:
(a)is van toepassing op alle belastings wat deur die munisipaliteit gehef word ooreenkomstig sy goedgekeurde jaarlikse begroting;
(b)voldoen aan die vereistes vir:
(i)die aanvaarding en inhoud van ’n beleid insake eiendomsbelasting soos bedoel in artikel 3 van die Wet op Eiendomsbelasting;
(ii)die proses van gemeenskapsdeelname soos bedoel in artikel 4 van die Wet op Eiendomsbelasting; en
(iii)die jaarlikse hersiening van die beleid insake eiendomsbelasting soos bedoel in artikel 5 van die Wet op Eiendomsbelasting;
(c)spesifiseer verdere beginsels, maatstawwe en maatreëls ooreenkomstig die Wet op Eiendomsbelasting vir die heffing van belastings wat die munisipale raad mag bepaal;
(d)spesifiseer die wyse waarop die beginsels bedoel in paragraaf (c) ingevolge die tariefbeleid in werking gestel moet word; en
(e)sluit verdere implementeringsmeganismes in wat die munisipale raad van voorneme is om op te lê bykomend tot dié vervat in die Verordening op en Beleid oor Kredietbeheer en Skuldinvordering.

5. Toepassing van die beleid insake eiendomsbelasting

Die munisipaliteit se beleid insake eiendomsbelasting moet deur middel van die Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering en enige verdere implementeringsmeganismes ooreenkomstig sy beleid insake eiendomsbelasting toegepas word.

6. Herroeping van verordeninge

Enige bepaling in ’n verordening voorheen uitgevaardig deur die munisipaliteit of enige van die afgeskafte munisipaliteite wat nou by die munisipaliteit ingelyf is, in so ver dit betrekking het op enige aangeleenthede waarvoor in hierdie verordeninge voorsiening gemaak word, word hiermee herroep.

7. Kort titel en inwerkingtrede

Hierdie verordening heet die Verordening insake Eiendomsbelasting van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale Koerant.

History of this By-law

Download for later

Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.

Matzikama

Matzikama By-laws Website