COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa
South Africa
Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering van Matzikama Munisipaliteit, 2010
- Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 6788 op 10 September 2010
- Inwerking getree op 10 September 2010
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 3 October 2014 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
- [Gewysig deur Credit Control and Debt Collection: Amendment op 7 Desember 2012]
- [Gewysig deur Credit Control and Debt Collection: Amendment op 3 Oktober 2014]
1. Woordbepaling
Tensy onbestaanbaar met die sinsverband, beteken:"beleid" die munisipaliteit se kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid soos goedgekeur deur die Raad by besluit 7.3.7 van 28 Mei 2013;"diens" enige diens wat deur die Raad gelewer word en ten opsigte waarvan ’n rekening gelewer word;"gebruiker" ’n persoon aan wie die Raad ’n diens lewer, hetsy of so ’n persoon ’n ooreenkoms met die Raad aangegaan het vir die voorsiening van so ’n diens, al dan nie;"munisipale bestuurder" die persoon wat deur die Raad as munisipale bestuurder ingevolge artikel 82 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998, aangestel is;"Munisipaliteit" die Munisipaliteit van Matzikama;"Raad" die munisipale raad van die Munisipaliteit;"reëling" ’n skriftelike ooreenkoms aangegaan deur die Raad en ’n skuldenaar waar tot spesifieke bedinge vir die betaling van skuld ooreengekom word;"skuld" enige geld wat aan die Raad verskuldig is vir die lewering van dienste, en sluit gelde in wat verskuldig is ten opsigte van eiendomsbelasting;"skuldenaar" enige persoon wat by die Raad in skuld is;"vervaldatum" by gebrek aan enige uitdruklike ooreenkoms en ten opsigte van:(a)belastings, behalwe belastings wat in paaiemente afbetaal word, die eerste dag van Julie van die finansiële jaar waarvoor sodanige belasting bepaal is, en(b)enige diens en belastings wat in paaiemente afbetaal word, die datum wat op die rekening aangedui word en deur die Raad bepaal is as die laaste datum waarop die rekening betaal kan word.2. Rekeninge
3. Plig om skuld in te vorder
Alle skuld aan die Raad sal ingevorder word in navolging van die beleid en geen afwyking daarvan is toelaatbaar sonder dat die beleid eers gewysig is nie.4. Betaling van rekeninge
5. Lewering van dienste
Aansoeke vir dienste en die voorsiening van nuwe dienste sal hanteer word soos uiteengesit in die beleid.6. Diensooreenkoms
7. Deposito’s
Die Raad kan vereis dat deposito’s vir die lewering van nuwe dienste en die heraansluiting van dienste betaal word, of kan die bedrag van enige bestaande deposito aanpas, soos uiteengesit in beleid.8. Rente
Die munisipale bestuurder sal rente hef en invorder ten opsigte van enige agterstallige skuld, soos uiteengesit in die beleid.9. Reëlings vir die betaling van agterstalige skuld
10. Bevoegdheid om die voorsiening van dienste te beperk of af te sny
Die munisipale bestuurder kan die voorsiening van water, gas of elektrisiteit beperk of afsny, of die voorsiening van enige ander diens aan die perseel van ’n gebruiker staak, ingevolge die voorwaardes soos uiteengesit in die beleid.11. Bevoegdheid van Raad om koste te verhaal
Die munisipale bestuurder moet die volgende koste wat deur of namens die Raad aangegaan is, verhaal:12. Konsolidasie en kreditering van rekeninge
Die munisipale bestuurder is gemagtig om-13. Toewysing van betalings
Die munisipale bestuurder is gemagtig om enige betaling van ’n gebruikter toe te wys, eerstens aan die kostes waarna in artikel 11 verwys word,ntweedens aan enige rente wat opgeloop het, en daarna aan die uitstaande bedrag.14. Beslaglegging
Die munisipale bestuurder kan, ten einde skuld in te vorder en, as ’n laaste uitweg, beslag laat lê op die eiendom van ’n skuldenaar.15. Reg op huurgeld vir eiendomsbelasting
Die munisipale bestuurder moet by ’n hof aansoek doen om beslag te lê op enige huurgeld betaalbaar ten opsigte van enige belasbare eiendom, vir die gedeeltelike of algehele verhaling van eiendomsbelasting wat vir meer as drie maande na die vervaldatum ten opsigte van sodanige eiendom uitstaande is.16. Volle en finale vereffenings
17. Hulpbehoewendes
’n Skuldenaar wat hulpbehoewendheid kan bewys, sal hanteer word soos in die beleid uiteengesit.18. Delegasies
19. Toepassing
Hierdie verordening is nie van toepassing op die verhuring van onroerende raadseiendom of enige ander onroerende eiendom wat deur die Raad namens enige ander staatsorgaan in ’n ander sfeer van regering administreer word nie, in soverre dit betrekking het op die verhaling van huurgeld, nie.20. Strafbepaling
Enige persoon wat:21. Kort titel en inwerkingtrede
Hierdie verordening heet die Verordening insake Kredietbeheer en Skuldinvordering van Matzikama Munisipaliteit en tree in werking op die datum van publikasie daarvan in die Provinsiale Koerant.History of this By-law
-
3 October 2014 this version
-
7 December 2012
Read this version -
10 September 2010
Published in Western Cape Provincial Gazette no. 6788By-law commences.Read this version
Download for later
Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.