COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa
South Africa
Verordening Vir Die Hou Van Vergaderings Van Die Raad Van Matzikama Munisipaliteit, 2008
- Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 6551 op 8 Augustus 2008
- Inwerking getree op 8 Augustus 2008
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 8 August 2008 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
Deel 1 – Algemeen
1. Magtiging
Die grondwet magtig die raad om verordeninge uit te vaardig om reëls en orders voor te skryf vir sy interne reëlings, sy werksaamhede en verrigtinge, en die instelling, samestelling, prosedures, bevoegdhede en funksies van sy komitees.2. Interpretasies
By die interpretasie van hierdie verordening, sal nasionale en provinsiale wetgewing voorrang geniet. Enige bepaling in hierdie verordening wat regtens verbied word of onafdwingbaar is, sal nie in die mate wat dit verbode of onafdwingbaar is, die geldigheid van die oorblywende bepalings hiervan op enige wyse hoegenaamd ongeldig maak nie.3. Woordomskrywing
In hierdie verordening, tensy dit uit die samehang anders blyk, beteken:"burgemeester" die raadslid deur die raad aangewys as uitvoerende burgemeester kragtens die Strukturewet of, in sy/haar afwesigheid, die uitvoerende onderburgemeester;"gedragskode" die gedragskode vir raadslede soos in die Stelselswet uiteengesit;"Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996);"LUR" die lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir Plaaslike Regering in die Provinsie Wes-Kaap;"meerderheid van stemme" die stem uitgebring deur die meerderheid van raadslede wat tydens ’n vergadering teenwoordig is;"mosie" ’n voorstel, aanbeveling of vraag waaroor die raad ’n besluit moet neem, uitgesluit ’n mosie soos vermeld in paragrawe 47 en 48;"munisipale bestuurder" die persoon deur die raad as munisipale bestuurder of waarnemende munisipale bestuurder aangestel ingevolge die Strukturewet;"ondersteunende stem" die stem uitgebring deur die meerderheid van die lede van die raad;"party" ’n politieke party soos omskryf in die Strukturewet;"raad" die munisipale raad van Matzikama Munisipaliteit;"reëls" die bepalings van hierdie verordening;"speaker" die raadslid gekies tot voorsitter van die raad of enige ander raadslid wat as voorsitter van die raad waarneem kragtens die Strukturewet;"Stelselswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 (Wet 32 van 2000);"Strukturewet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998);"vergadering" die vergadering van die raad of enige van sy komitees.Deel 2 – Toepassing van verordening
4. Toepassing
5. Aanvulling
Deel 3 – Vergaderings
6. Voorsitterskap van vergaderings
7. Aanvang van vergadering
Die speaker moet, behoudens die bepaling van paragraaf 16 van die verordening op elke vergadering van die raad, die stoel op die vasgestelde aanvangstyd van die vergadering inneem en word daar onmiddellik tot die werksaamhede van die vergadering oorgegaan.8. Volgorde van sake
9. Dringende aangeleenthede
Die speaker, burgemeester en/of munisipale bestuurder kan sonder kennisgewing op enige vergadering enige verkiesing doen of enige dringende aangeleentheid voorstel of enige mededeling voorlees.10. Sake vir afhandeling
Uitgesonderd soos in hierdie verordening bepaal, mag geen aangeleentheid wat nie op die sakelys van ’n vergadering van die raad vermeld is nie, op sodanige vergadering behandel word nie.11. Vergaderings
12. Bywoning van vergaderings
13. Verlof tot afwesigheid
14. Sanksie vir nie-bywoning
15. Notule
16. Kworum
Deel 4 – Besluite
17. Onbestrede aangeleenthede
Wanneer die raad versoek word om ’n aangeleentheid voor hom te oorweeg en daar geen teenkanting van enige raadslid is nie, moet ’n eenparige stemming in die notule aangeteken word.18. Wyse van stemming
19. Besluite
20. Onbestrede sake
21. Herroeping van besluite
Deel 5 – Toegang vir publiek
22. Toelating van publiek
Die speaker moet redelike stappe doen om toegang vir die publiek tot en gedrag van die publiek op vergaderings te reguleer.23. Nie-openbaarmaking van aangeleenthede
24. Uitsluiting van die publiek en media van vergaderings
25. Hertoelating van publiek en media tot vergadering
26. Uitnodiging aan nie-lid
Die speaker kan ’n persoon wat nie ’n raadslid is nie, nooi om die raad toe te spreek of om ’n vergadering by te woon ten einde sy of haar menings oor ’n aangeleentheid voor die raad te stel.27. Afvaardigings
Deel 6 – Orde op vergaderings
28. Gedrag van nie-lede en lede van die publiek
Indien ’n nie-raadslid of lid van die publiek hom of haar aan wangedrag skuldig maak, op ’n onbehoorlike wyse gedra of die sake van enige vergadering belemmer, kan die speaker gelas dat hy of sy uit die vergaderlokaal verwyder word.29. Gedrag van raadslede
30. Misdrywe
Enige raadslid, nie-raadslid of lid van die publiek wat—Deel 7 – ReËls vir debatvoering
31. Raadslid spreek stoel aan
’n Raadslid wat op ’n vergadering praat, moet die stoel aanspreek en kan dit doen in enige van die drie amptelike tale van die Provinsie Wes-Kaap.32. Orde van prioriteit
Wanneer ’n raadslid die raad wil toespreek, moet hy of sy eers die speaker se toestemming kry.33. Voorrang van speaker
Wanneer die speaker die vergadering toespreek, moet alle raadslede stilbly sodat die speaker sonder onderbreking aangehoor kan word.34. Relevansie
35. Reg om te praat
’n Raadslid mag net een keer praat—36. Duur van toesprake
37. Herindiening van mosie van vraag
Geen mosie wat deur die raad verwerp is en geen vraag wat ingevolge die reëls gestel is en afgehandel is op enige vergadering, mag weer ingedien of gestel word nie binne ’n tydperk van drie maande na sodanige vergadering, uitgesonderd met die toestemming van die speaker.38. Kennisgewing van mosie
39. Kennisgewing van vraag
40. Afwesigheid van voorsteller of vraesteller
Indien die voorsteller of vraesteller nie in sy plek teenwoordig is nie op die vergadering van die raad wanneer hy of sy deur die speaker versoek word om ’n mosie in te dien of ’n vraag te stel wat op sy of haar naam op die sakelys verskyn. Verval sodanige mosie of vraag tensy die oorspronklike voorsteller of vraesteller die speaker in kennis gestel het van ’n plaasvervanger om die mosie in te dien of die vraag te stel.41. Mosies of vrae oor aangeleenthede deur komitee hanteer
42. Aanbeveling van komitee as mosie beskou
43. Vrae
44. Dringende mosie
45. Mosies van orde
Benewens die mosies waarvoor elders in hierdie reëls voorsiening gemaak word, word die volgende as mosies van orde beskou:46. Punt van orde
’n Raadslid kan ’n punt van orde opper om die aandag te vestig op ’n afwyking van hierdie reëls deur die bepaalde reël te noem waarop sodanige raadslid hom of haar beroep, waarna sodanige raadslid onmiddellik gehoor verleen moet word.47. Punt van verduideliking
Die speaker kan ’n raadslid toelaat om ’n punt van verduideliking te opper: met dien verstande dat sodanige verduideliking beperk moet word tot ’n wesentlike deel van die debat wat moontlik misverstaan is.48. Terugtrekking van mosie, amendement of vraag
49. Speaker se beslissing oor punte van orde en verduideliking
50. Volgorde van bespreking
Wanneer ’n mosie onder bespreking is op enige vergadering van die raad, mag geen verdere mosie ontvang word nie, uitgesonder die volgende:51. Dat die mosie geamendeer word
52. Dat die oorweging van die aangeleentheid uitgestel word
53. Dat die raad tot ’n ander datum verdaag
54. Dat die raad vir ’n bepaalde tyd verdaag
55. Dat die debat verdaag word
56. Dat die aangeleentheid tot stemming gebring word
History of this By-law
-
8 August 2008 this version
Published in Western Cape Provincial Gazette no. 6551By-law commences.
Download for later
Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.