COVID-19 Regulations
Some municipal functions such as public transport, restaurant hours and liquor sales are impacted by recent national COVID-19 regulations.Read the COVID-19 regulations.
This is the latest version of this By-law.
Matzikama
South Africa
South Africa
Verordening vir die Beheer en Toesig van die Besigheid van Straathandelaar, Venter en Smous, 2003
- Gepubliseer in Western Cape Provincial Gazette no. 5996 op 4 April 2003
- Inwerking getree op 4 April 2003
- [Hierdie weergawe van die relevante dokument vind toepassing vanaf 4 April 2003 en is insluitend van enige verdere wysigings gepubliseer tot en met 15 December 2022.]
Aanhef
AANGESIEN erken word dat ’n behoefte bestaan om ’n omgewing te skep waarin die bedryf van die besigheid van informele handel in openbare strate en openbare plekke toegelaat word, onderworpe aan die regte van alle burgers soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996), en die bepalings van die Wet op Besighede, 1991 (Wet 71 van 1991);EN AANGESIEN erken word dat alle aktiewe deelnemers in Matzikama munisipale gebied hulle verbind tot die skepping van toestande wat straathandel kommersieël lewensvatbaar sal maak en tot die ekonomiese bedrywighede en groei van die Wes- Kaapse ekonomie sal bydra;EN AANGESIEN die munisipaliteit ’n instaatstellende omgewing vir informele handel moet skep deur die daarstelling van ’n jaarlikse begroting om ramings vir inkomste en uitgawes te weerspieël wat spesifiek betrekking het op die voorsiening van basiese dienste en infrastruktuur;EN AANGESIEN daar ’n gepaardgaande plig op die informele sektor rus om ten volle deel te neem aan die ekonomiese groei van Matzikama munisipale gebied en om by te dra tot die belastingsbasis van Matzikama;WORD DAAR, DERHALWE hierdie verordening afgekondig om die bedryf van daardie besigheid te vergemaklik en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.1. Woordomskrywings
In hierdie verordening, tensy uit die sinsverband anders blyk, het ’n woord of uitdrukking hierin vervat die betekenis wat in die Wet op Besighede, 1991 (Wet 71 van 1991) daaraan toegewys is, en beteken—"appèlkomitee" die appèlkomitee soos saamgestel ingevolge artikel 10 van hierdie verordening;"beampte"—(a)’n verkeersbeampte aangestel kragtens artikel 3(1)(a) van die Padverkeerswet, 1989 (Wet 29 van 1989);(b)’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet 68 van 1995); of(c)’n vredesbeampte beoog in artikel 334(1)(a) van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977);"die Wet" die Wet op Besighede, 1991 (Wet 71 van 1991);"eiendom" met betrekking tot ’n straathandelaar, geld, goedere, ’n houer, ’n voertuig of beweegbare struktuur wat gebruik word of bestem is om gebruik te word in verband met die bedryf van sy of haar besigheid as sodanig;"formele handelsektor" ’n assosiasie of assosiasies verteenwoordigend van die formele handelsektor wat handel dryf binne die gebied van die plaaslike owerheid en deur die plaaslike owerheid erken word;"informele handelsektor" ’n assosiasie of assosiasies verteenwoordigend van straathandelaars wat handel dryf binne die gebied van die plaaslike owerheid en deur die plaaslike owerheid erken word;"komitee vir informele handel" ’n komitee bestaande uit twee verteenwoordigers van die informele handelsektor, twee verteenwoordigers van die formele handelsektor, een verteenwoordiger van die plaaslike owerheid, ’n verteenwoordiger van die belastingsbetalersverenigings binne die Matzikama munisipale gebied (wanneer sake rakende Matzikama oorweeg word), ’n verteenwoordiger van enige ander gebied buite die sentrale sakegebied en die hooftoegangsroetes daartoe (wanneer sake rakende sodanige gebiede oorweeg word), en gekoöpteerde adviseurs wat deur die verskillende sektore genomineer is en deur die plaaslike owerheid aanvaar of genomineer is;"oorlas" gedrag wat ’n toedrag van sake of toestande meebring of kan meebring wat ’n bron van gevaar vir ander persone of hul eiendom inhou of wat wesenlik inbreuk maak op hulle gewone gemak, gerief, vrede of rus;"openbare pad" enige pad, straat, deurgang of plek (hetsy ’n deurgang of nie) wat gewoonlik deur die publiek of ’n gedeelte daarvan gebruik word of waartoe die publiek ’n reg van toegang het, en ook—(i)die soom van enige sodanige pad, straat of deurgang;(ii)enige brug, pont of drif waaroor of waardeur enige sodanige pad, straat of deurgang loop, en(iii)enige ander werk of voorwerp wat deel uitmaak van of verbind is met of behoort tot daardie pad, straat of deurgang;"openbare plek" ’n plein, park, ontspanningsterrein, sportterrein, nagsteeg of oop ruimte wat—(i)in verband met ’n onderverdeling of uitleg van grond in erwe, standplase of boupersele voorsien, gereserveer of opsygesit is vir gebruik deur die publiek of die eienaars of bewoners van daardie erwe, standplase of boupersele, ongeag of dit op ’n algemene plan, onderverdelingsplan of diagram aangetoon word al dan nie;(ii)te eniger tyd aan die publiek opgedra is;(iii)sonder onderbreking deur die publiek gebruik is vir ’n tydperk van minstens 30 jaar wat na die een-en-dertigste dag van Desember 1959 verstryk; of(iv)te eniger tyd as sodanig verklaar of gelewer is deur die plaaslike owerheid of ander bevoegde owerheid;"plaaslike owerheid" die munisipaliteit van Matzikama en sluit in ’n komitee of werknemer van die plaaslike owerheid wat bevoegdhede uitoefen of pligte of werksaamhede uitvoer soos deur die plaaslike owerheid gedelegeer is;"plaaslike owerheidsdiens" enige stelsel deur of namens ’n plaaslike owerheid bestuur vir die versameling, vervoer of afvoer, behandeling of wegdoen van vullis, rioolvuil of stormwater of vir die vervaardiging, opwekking, opvang, opberging, suiwering, distribusie, geleiding, transmissie, vervoer, voorsiening of verskaffing van water, gas of elektrisiteit;"plaaslike owerheidsdienswerke" alle werke van watter aard ook al wat nodig is vir of wenslik is vir, of bykomend of aanvullend is by, of gepaard gaan met enige plaaslike owerheidsdiens en sluit in enige onroerende eiendom, meer, fontein, natuurlike waterloop, masjinerie, werktuig of ander voorwerp van watter aard ook al wat gebruik word vir of in verband met enige sodanige werk of diens;"rommel" enige houer, of ander voorwerp, of materiaal wat deur ’n straathandelaar of sy of haar klante weggegooi of agtergelaat word;"soom" daardie gedeelte van ’n pad, straat of deurgang wat nie die ryvlak is nie;"straathandel" ook die verkoop van goedere of die lewering van ’n diens om ’n diens of die aanbied van ’n diens teen vergoeding as straathandelaar in ’n openbare pad of openbare plek, maar sluit nie die verkoop van koerante alleen in nie;"straathandelaar" ’n persoon wat die besigheid van straathandelaar, venter of smous bedryf en sluit dit ’n werknemer van sodanige persoon in, en vir die toepassing van hierdie verordening sluit dit so ’n persoon in wat in ’n openbare pad of openbare plek handel dryf, en"sypaadjie" daardie gedeelte van ’n soom wat uitsluitlik vir die gebruik van voetgangers bedoel is.2. Algemene gedrag
’n Persoon wat die besigheid van straathandelaar bedryf—3. Algemene beperkings
4. Sindelikheid en beskerming van openbare gesondheid
5. Handeldryf in openbare plekke
’n Straathandelaar mag nie handel dryf in ’n openbare plek nie, behalwe met die voorafverkreë skriftelike goedkeuring van die plaaslike owerheid, en sodanige goedkeuring mag nie onredelik geweier word nie, en die goedkeuring kan, onderworpe aan sekere voorwaardes, verleen word.6. Voorwerpe wat gebruik word vir die uitstalling van goedere
7. Verwydering en skutting
8. Delegering van magte
9. Appèle
10. Samestelling van Appèlkomitee
11. Prosedure op appèlvergaderings
12. Toepassing
Die verordening wat in hierdie Bylae uiteengesit is, is van toepassing binne die jurisdiksie van die Matzikama munisipaliteit.13. Herroeping
Ingevolge artikel 3(2) van die Wysigingswet op Besighede, 1993 (Wet 186 van 1993), word die Regulasies insake Straathandelaars, Venters of Smouse, afgekondig deur die voormalige Administrateurs kragtens Provinsiale Kennisgewing 404 van 28 Augustus 1992 in Provinsiale Koerant 4764, vir sover dit van toepassing is in die jurisdiksie van die Matzikama munisipaliteit, met uitsondering van regulasies 6(4)(a) en (b) en 7, hierby herroep.14. Oortredings
15. Taal
Die Engelse vertaling van hierdie verordening geniet voorrang in geval van ’n dispuut in interpretasie tussen die verskillende vertalings van hierdie verordening.History of this By-law
-
4 April 2003 this version
Published in Western Cape Provincial Gazette no. 5996By-law commences.
Download for later
Download the current version of this By-law to read later on your desktop, e-reader or tablet.